You are here: Taurus - Your Partner in Genetic Progress Home
News
Franse toer 23 Oktober tot 31 Oktober – Nageslag besigtiging

Frank de Villiers en Cobus Grobler het ‘n week by Taurus se Franse vennoot, Genes Diffusion spandeer om die beste nageslag te gaan besigtig van die Franse bulle wat Taurus invoer. Hierdie toer is nou al ‘n jaarlikse instelling tussen Taurus en Genes Diffusion en die hoof doel daarvan is om die Taurus personeel verder op te lei om die Franse bulle nie net op stambome te verkoop nie, maar uit persoonlike ondervinding. Hiermee hulle indrukke van die nageslag wat hulle meeste beïndruk het.

Roumare (Jocko Besne x Gibbon x Mascot)
Duidelik Frankryk se no1 bul vir tipe. Tydens ons besoek het die nuwe franse ontledings uitgekom. Roumare het verbeter met 4 ISU punte. Het ook verbeter op tipe, melk en Protëine persentasie. Die bul teel sterk koeie met diep oop middelstelle. Die uiers is vlak en baie sterk aangeheg. Roumare teel ook uitstekende bene. Al die franse boere wat ons besoek het wat melk robots gebruik is weer terug op Roumare oor sy uitstekende speenplasing en speen lengte. Die Roumare’s het baie goeie Protëine persentasies en is ‘n bul wat met gerustheid gebruik kan word.

Vaucluse (Oman x Luke Hershell x Gibbon)
Vaucluse is die hoogste ISU bul van die beproefde bulle. Die bul teel baie goeie suiwelsterkte met oop ribbes. Die Vaucluse koeie is hoë produserende koeie met hoë vaste stowwe. Vaucluse is ook uitstekend op kalwings gemak. Die Vaucluse verse vertoon swaar oor die skouer maar melk af sodra hulle gekalf het. Die bul teel baie eenvormig.

Tasman (Jesther x Mattie G)
Tasman teel baie goei suiwelsterkte en goed aangehegte uiers. Die bul teel baie breë kruise en is goed op hoewe en bene. Dit is ‘n bul wat reg deur ‘n kudde gebruik kan word en jy sal nie spyt wees nie. Tasman gaan baie goed doen in Suid Afrika en ons is opgewonde om die eerstes in melk te sien.

Rouyame (Convincer x Gibbon)
Die Rouyame’s is koeie wat jou regtig opgewonde maak. Teel baie diep oop middelstelle en ook breë lang kruise. Die koeie is definitief van gemiddelde grootte en baie suiwel. Beskerm Rouyame op voete en bene en uierdiepte as gevolg van baie hoë volumes melk.

Taurus voel sterk dat ons die regte vennoot in Genes Diffusion het om ons plaaslike semen aan te vul met ingevoerde bulle. Daar is semen beskikbaar van al hierdie bulle, skakel gerus jou kundige Taurus consultant.

December 2011 - New genomic Holstein release - 1.8 MB

December 2011 - New genomic Jersey release - 1.7 MB

Contact Info
IRENE
FREE STATE
GEORGE
NATAL

Dairy Enquiries:
Beef Enquiries:
(012) 667 1122
(051) 430 4515
(044) 879 2297
(033) 345 2233

ai@taurus.co.za
beef@taurus.co.za